top of page

Die soeke na eer! ‘n Hindernis vir geloof… - Joh. 5:18-47

Updated: May 11, 2020

Teks: Johannes 5: 18-47


Jesus openbaar hier 'n merkwaardige hindernis vir die geloof. Hy sê dat die Fariseërs nie sal kan glo nie omdat hulle te gesteld was op die eer wat hulle by mense kry in stede daarvan dat hulle gesoek het na die eer wat van God kom.

Die hoogste eer is om van God te hoor, "Mooi so, goeie en getroue slaaf..." (Matt. 25:23). Ons is gemaak om God se wil te doen en om van Hom die eer te ontvang. Die sondeval het daardie moontlikheid vernietig. Ons is nie meer waardig om die eer van God te ontvang nie.

Ons het egter steeds die behoefte om van iemand daardie erkenning te ontvang, en daarom gaan soek ons dit by mense. Ons doen goeie dinge sodat mense hulle waardering teenoor ons kan uitspreek.

Nou kom Jesus en sê dat hierdie soeke na goedkeuring juis ons grootste hindernis vir ware geloof geword het. Die soeke na erkenning by mense maak dat ons na mense kyk vir iets wat ons alleen by God kan kry.

Die gevolg is dat ons nie meer soek na God se wil nie, maar na mense se wil (vgl. vs. 30) en wanneer ons mense tevrede probeer stel, sal ons nie glo nie.

Om mense tevrede te stel is totaal onmoontlik en daarom sal ons ervaar dat dit baie spanning in ons lewe veroorsaak. Ons kan in elk geval nie baie mense op een slag tevrede hou nie.

Teenoor die groot las om mense tevrede te stel, is dit totaal anders om Christus te eer. Sy jeuk is sag en sy las is lig, want Hy kyk nie met ‘n kritiese oog na ons nie. Onthou jy wat Hy in hoofstuk 3 gesê het? Hy sê:

“God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.” (Joh. 3:17)

Hy het in ons plek die Vader volkome tevrede gestel. Hy was volmaak gehoorsaam en daarmee is ons waardig gemaak.

‘n Gelowige wat verstaan wat sy verlossing beteken, sal weet dat dit nie meer vir hom nodig is om mense tevrede te stel nie. Jesus het vir ons gesterf en daarom sal dit ons hoogste begeerte wees om Hom te eer en Hom tevrede te stel.

6 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page