top of page

Status met Verantwoordelikheid as karaktereienskap van goeie leiers!

Writer's picture: Dr. PJ de BruynDr. PJ de Bruyn


Status met Verantwoordelikheid
Status met Verantwoordelikheid by leiers

Status met Verantwoordelikheid beteken dat die leier se identiteit en waarde nie gebaseer is op menslike prestasies, vermoëns of aansien nie, maar op die vaste waarheid dat hy 'n kind van God is. Hierdie status kom met die verantwoordelikheid om getrou te wees aan die Here in alle dinge en om nederig in diens van God te dien.

​

Kenmerke van 'n Leier met Status en Verantwoordelikheid:

  • Vaste Identiteit in God:

Die leier weet dat sy waarde nie van mense afhanklik is nie, maar van die liefde van God.

'n Predikant wat byvoorbeeld kritiek van lidmate ontvang, sal dit nie as 'n aanval op sy identiteit sien nie, maar eerder as 'n geleentheid om te groei en God se genade in sy diens te weerspieël.

  • Nederigheid in Leierskap:

'n Leier wat Status met Verantwoordelikheid het, dien met nederigheid en respekteer almal wat aan hom toevertrou is.

Dis soos ‘n skoolhoof wat sy personeel dien deur na hulle behoeftes te luister en oplossings te soek, eerder as om sy posisie te gebruik om beheer af te dwing.

  • Vertroue op God:

Die leier maak nie staat op sy eie vermoëns nie, maar op die krag en leiding van God.

Dis weer soos 'n ouderling wat, selfs al voel hy onbekwaam, bid vir wysheid en vertrou dat God hom sal toerus om huisbesoeke effektief te doen.

​

Hoe kry ons krag om leiding te gee deur Status met Verantwoordelikheid?:

Die leier soek nie goedkeuring by mense nie, maar in die Woord van God. Hier is dit uiters belangrik om te weet wie ons in Christus is. Ons status is: verloste kind van God. Daarom word ons verantwoordelikheid bepaal deur die Woord van die Here en nie deur wat mense van ons verwag nie.

​

Praktiese Implikasies:

  • Vermy die Strik van Vergelyking:

'n Leier wat Status met Verantwoordelikheid verstaan, meet homself nie aan ander nie, maar aan God se standaarde. Hy wil slegs die beste bereik binne die grense wat die Here vir hom stel. 

Voorbeeld: 'n Predikant fokus eerder op getrouheid aan sy eie roeping, as die grootte van sy gemeente of meer suksesvolle bediening.

  • Dien met ‘n Dienskneggesindheid:

Hierdie tipe leierskap bevorder diensbaarheid en laat leiers werk met toewyding sonder om erkenning te soek.

Voorbeeld: ‘n Besigheidsbestuurder behandel sy werknemers met respek en is altyd gereed om self moeilike take aan te pak.

  • God is die Bron van Leiding en Krag:

Leiers hoef nie oorweldig te voel deur hul tekortkominge nie omdat God hulle toerus vir hul taak.

​

Hoe Om Status met Verantwoordelikheid te Bevorder:

  • Spandeer tyd met God:

Bestudeer die Woord en bid gereeld om jou identiteit in Christus te versterk. Begin daarom elke dag met stilte voor God om jou hart op Hom te fokus.

  • Kweek 'n Diensgesindheid:

Fokus op hoe jy ander kan dien eerder as om erkenning te soek. Stel jou span of gemeente se behoeftes bo jou eie en wees 'n voorbeeld van onselfsugtige diens.​

  • Erken Jou Beperkings:

Moet nooit skaam wees om jou swakhede aan God te bely nie en vra Hom om jou te versterk. Wanneer jy 'n groot uitdaging in die gesig staar, vra God spesifiek om wysheid en hulp.

​

Slot:

Status met Verantwoordelikheid transformeer leierskap van ‘n posisie van mag na ‘n roeping van diensbaarheid. Dit is ‘n leierskapstyl wat nie op menslike prestasies staatmaak nie, maar op die genade en liefde van God. Wanneer ‘n leier hierdie status verstaan, word leierskap nie ‘n las nie, maar ‘n voorreg om God se hart vir sy mense te wys.

Status gaan dus daaroor dat ons identiteit en menswaardigheid bepaal word deur ons verlossing in Christus. Dis wie ons nou is en in die mate wat ons dit verstaan, sal ons ons verantwoordelikheid as leier kan nakom. 

Indien ons status in enigiets anders geanker word (perstasie, kultuur, taal, familie) sal ons nie meer verantwoordelike leiers kan wees nie.

0 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


©2020 by Paul Jacobus de Bruyn. Proudly created with Wix.com

bottom of page