top of page

Wys jou liefde in alle omstandighede

Teks: Genesis 43:1-34

Hierdie gedeelte wys ons hoe dat Josef sy broers op ‘n volgende vlak toets.

Anders as die vorige keer, stel Josef hulle gerus. Hy vrae hulle uit oor hulle pa, hy neem hulle na sy huis, waaroor hulle eers ongemaklik voel, maar toe hulle later sien dat hulle saam met hom eet het hulle besef dat dit ‘n vrienskaplikemaal is.

Hulle wys die hoofamtenaar daarop dat hulle die geld in die sakke gekry het en hy stel hulle ook gerus deur te sê dat hy hulle geld gekry het en dat die God van hulle voorvaders die geld terug gesit het.

Dit is dan ook in die gemak van die hele situasie waar hulle getoets word. Josef laat sit hulle van oud na jonk en dan sonder hy vir Benjamin uit deur vir hom vyf keer meer te gee as vir die ander.

Verder het hulle wyn gedrink en saam met Josef dronk geword.

So word hulle houdings getoets, want indien daar enige vorm van afguns, afkeer of vyandigheid sou wees, sou hulle dit nie so maklik in hierdie situasie kon verdoesel nie.

Ons sien dit ook in ons eie gesprekke. Wanneer ons op ons gemak tussen ons vriende is, val al die voorgee en maskers dikwels af. Ons ware houding teenoor mense word dan sigbaar wanneer ons daaroor uitgevra word.

Dan besef ons hoe ons dikwels hierdie toets druip. Ons skinder en beledig mense in ons gesprekke.

Ons moet onsself afvra, hoe ons gesprekke anders sou gelyk het indien ons kon sien dat Jesus langs ons staan.

Hy het immer ook vir daardie persoon gesterf van wie ons dalk nie hou nie, en wat ons deur ons woorde afbreek. Hy het gesterf sodat ons gered kan word. Sodat ons naam herstel kan word. Daarom moet ons dit ook vir ander gun al is hulle dit nie werd in ons oë nie.

Ons gesindheid teenoor ander kan net verander indien ons sien met watter liefde en genade ons hanteer word in Christus. Hy kom nie om ons te veroordeel soos ons verdien nie, maar om ons te red.

Vrae tot introspeksie:

a) Dink aan ‘n situasie waar jy sleg van iemand gepraat het.

b) Hoe sou daardie gesprek anders gelyk het indien jy bewus was van Christus se teenwoordigheid?

13 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page